Tuesday 14 October 2014

Klim van jou perdjie af



Jakobus 1 :19 Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.
Vir party mense sal dit bitter moeilik wees om die teks toe te pas.  Ons kan so vinnig ‘n mening of oordeel oor ander uitspreek. 
Wanneer ek in die verkeer sit, verstom mede-motoriste se manier van uiting gee aan hul gevoelens my telke male.  Dis asof hul agressiewe monsters raak sodra hul ‘n stuurwiel vasvat.  Ander motoriste geniet selde voorkeur wanneer hul naby is.  Omdat ander motoriste nie kan hoor nie, word daar obsene tekens gewys of word die onskuldige party selfs agternagesit.  Ongelukkig het padwoede selde ‘n positiewe uitkoms.
Dis ook nie net op ons paaie dat mense so oorhaastig uiting aan hul gevoelens gee nie.  Ons begin die Amerikaners na-aap, want almal moet hof toe gesleep word of ten minste boet vir hul dade, maar self is ons dood onskuldig.
Hoekom kan ons nie meer verdraagsaam teenoor mekaar wees nie?  Hoekom moet ons diegene wat anders as ons dink, lyk of optree altyd probeer terugkry?  Ek het baie meer respek vir iemand wat wegstap van ‘n onderonsie as die een wat as die ‘oorwinnaar’ uit die stryd tree.  Jakobus 1 : 19 het goeie raad.  Kom ons klim van ons perdjie af en begin LUISTER na mekaar, alvorens ons praat.
Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...