Sunday 29 January 2017

Die regte pad

Psalm 23 : 3 Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.


Om vandag die regte paadjie te loop, is nie maklik nie.  Versoekings skuil om elke draai.  

Kyk jy TV, hoor jy kort-kort:  "Oh, my God!"  Partykeer wonder ek of hulle ooit weet wat hul sê.  Weet hul dat dit die een sonde is wat onvergeeflik is.  Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydelik gebruik nie, want die Here sal die een wat Sy naam ydelik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.  Ek wil elke keer uitgil... pasop!  Trek jou woorde terug!  Moenie!

Die huwelik word nie meer eerbiedig nie. Om aan 'n huwelik te werk is onnodig, ons skei eenvoudig en trou weer.  Of wat van sommer net 'n man/vrou op 'appro' neem... 

Kleredrag raak al skrapser en nudistestrande word bepleit.  Die liggaam is lankal nie meer 'n tempel van God nie.  Aag en gooi maar 'n dwelmpie of twee ook in, dis al manier om te 'cope'.

Om te neem wat nie aan jou behoort nie, is jou reg.  Die feit dat iemand anders daarvoor gewerk het, is irrelevant.

Juis daarom moet ons elke dag bid dat God ons op die regte paaie sal lei... paaie wat tot eer van Sy Naam sal strek.  Weerhou ons van die kwaad en verlos ons van die bose.


No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...