Thursday 26 January 2017

I'm possible

Jeremia 32 : 27  Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?


Niks is vir God onmoontlik nie.  Hy kan enige iets doen. 

Dalk dink jy ja wel, miskien kan Hy enige iets doen, maar dit geld nie vir my en my probleem nie.  Lees dan weer die teks.  Hy is nie net God vir gelowiges nie... Hy is nie net God vir die dominee nie... Hy is God van AL die mense.  Dit is dus nie net 'n elite groepie mense wie se geloof ontsettend sterk is vir wie Hy help nie... nee, Hy is daar vir almal.

Dis soos om 'n advertensie te plaas wat sê:  "Almal wat hier lees kan vir hulle 'n geskenk kom haal."  Hoeveel mense dink jy gaan dink dit is te goed om waar te wees, so hul gaan dit liewer ignoreer.  Ander gaan weer glo, ja vir almal behalwe vir my.  Daar gaan tog 'n groepie wees wat dink, dis 'n bargain, kom ons kyk wat dit is.

Ek hoop jy val onder laasgenoemde groepie, want ek wil graag hê dat jy kom kyk wat God vir jou kan doen.  Hy bied ook 'n geskenk vir enige iemand wat dit wil kom kry - die Ewige Lewe.

Die Engelse woord Impossible, is so oulik, want ons kan dit lees as I'm possible.  God het homself voorgestel as "Ek is".  I am... possible!  Ek dink die woordjie 'onmoontlik' bestaannie  in God se woordeskat nie.  Gaan lees maar Die Bybel... Sara wat kinders kry lank nadat sy haar vrugbaarheid agtergelaat het... Daniël wat in 'n vuuroond beland en nie eens na rook ruik nie... Dawid wat vir Goliat met een hou doodgooi... Jesus wat uit 'n maagd gebore word 

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...