Monday 30 January 2017

Leef doelbewus

Jeremia 1 : 5  Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.


God se plan met jou lewe het al lankal begin.  Terwyl Hy jou daar in die moederskoot gevorm het, het Hy alreeds geweet wat die doel van jou lewe is.  Jy is doelbewus geskep, nie per toeval nie en ook nie per ongeluk nie.

Daarom moet ek en jy elke dag probeer om die persoon te wees wat God bedoel het ons moet wees.  Vra na Sy wil.  Vra om leiding. Luister na Sy stem en weet dat jy op pad is na 'n eindebestemming, maar dat dit veral die reis is wat haarfyn beplan is.  

Daar gaan langs die pad opwindende dinge gebeur.  Mense gaan jou pad kruis en vir jou deure oopmaak en jy gaan geleenthede kry waarvan jy nie eens kan droom nie.

Leef doelbewus,nie in onsekerheid nie. Leef asof jy bedoel is om hier te wees en soos iemand wat weet wie jy is.  Leef voluit!

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...