Tuesday 24 January 2017

Dis geloof

Hebreërs 11 : 1  Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.


Dis maklik om te glo daar is sewe dae in 'n week, want ons kan dit op die almanak sien.  Dis moeiliker om te glo dat God binne die volgende drie dae jou gebede gaan beantwoord.  Hoekom?

Ons glo die almanak, maar ons glo nie Die Bybel nie?  'n Almanak is bloot die mens se manier om van dae tred te hou.  Die Bybel is oor eeue heen ook deur mense saamgestel wat deel van die gebeure was.  Dis asof dit 'n dagboek wat dit 'n historiese kalender maak.  

Oor eeue heen het verskillende mense hul memoirs neergepen en wanneer jy byvoorbeeld die boeke van Matteus, Lukas en Johannes lees, kan jy die ooreenkomste in die vertelling sien.  Niemand herhaal tog 'n hoofstuk in 'n boek nie, maar God wou seker maak daar is geen twyfel nie en daarom is verskeie mense se weergawes, ook van wonderwerke wat hul aanskou het in sy Woord saamgevat.

Dis amper asof jy nie hoef te sien om te glo nie, jy weet eenvoudig. Ek weet dat ek weet wat ek weet omdat ek weet.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...