Wednesday 25 January 2017

Jy't nou lank genoeg hier vasgehaak

Deuteronomium 1 : 6  “Die Here ons God het by Horeb vir ons gesê: ‘Julle het nou lank genoeg by hierdie berg gebly.

Party mense kan hulself nie help nie... hul bly eenvoudig vashaak by die verlede.  Nie net word die ou koeie uit die sloot gegrawe nie, hulle word sommer uitgestal sodat hulle elke dag afgestof kan word.

Vandag gaan ook eendag die verlede wees.  Ons weet dat die koerante en nuus vol van slegte dinge is wat vandag gebeur dus gaan vandag nie 'n perfekte dag in die verlede wees nie... so ook die tye waaroor jy so nostalgies raak.  Daar was ook maar slegte dinge wat gebeur het en deel daarvan was.  Ons kies om die slegte te ignoreer en romantiseer die verlede.  

Jy kan die verlede nie terugkry nie, maar jy kan vandag ten volle geniet en ervaar om lieflike herinneringe agter te laat as jy die verlede laat waar dit hoort... in die verlede.  Elke dag is 'n juweeltjie om te geniet, so hoekom wil jy jouself met die verlede besig hou?

Wat jou ookal terughou, maak los en laat gaan.  Die tyd het aangebreek.  Jy kan nie dit terugkry waarna jy hunker en verlang nie, maar jy kan absoluut beautiful nuwe memories skep.

God verwag van jou om aan te beweeg.  In vers 8 motiveer hy die volk deur hul te vertel van hierdie wonderlike nuwe land wat Hy tot hul beskikking gaan stel.  

So dikwels verloor ons die kans op geluk omdat ons nie wil aanbeweeg nie.  Daar wag iets veel beter op jou.  

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...