Tuesday 16 January 2018

Delegeer en vertrou

Eksodus 18 : 18 Jy kan dit nie alles op jou eie doen nie…

Dalk is jy ook iemand wat alles self probeer doen.  Jy wil nie jou man of kinders vra om te help nie, want jy is nie lus om die gemors agterna op te ruim nie of jy dink hulle is te stading of kan dit nie goed genoeg doen nie, so jy sal dit dalk weer moet oordoen.

Moses was ook besig om homself te ooreis, nie net fisies nie, maar ook geestelik en emosioneel. Kan jy jou indink hoe uitdagend dit moet wees om 2 miljoen mense te lei? Juis toe het sy skoonpa die woorde in vandag se vers teenoor hom geuiter.  Net iemand wat volwasse, nederig en wys is, sal raad aanvaar en erken dat hul eintlik op die verkeerde pad is. Dis ‘n teken van krag, nie swakheid nie. 

Ook leiers moet leer om diegene wat diegene wat aan hul rapporteer en na hul opsien te vertrou.  Dit is die enigste manier hoe hul kan leer. Ek het onlangs na ‘n program oor Megaboere gekyk waar ‘n baie suksesvolle boer gesê het:  “Ek stel net mense aan wat meer weet as ek.  Enige een van my mense kan enige dag instap en my uitwerk.”  President Theodore Roosevelt het gesê:  “Die beste bestuurder is die een wat genoeg begrip het om bekwame mense te kies om te doen wat hy gedoen wil hê, en die selfbeheersing het om homself te weerhou om in te meng terwyl hulle dit doen. 

Ons is geskape om interafhanklik te wees, nie onafhanklik nie.  Moses is op die ou einde versterk deur diegene aan wie hy gedelegeer het.  Dit het hom as leier versterk en toegelaat om meer tyd met Goddeur te bring.

Leierskap gaan daaroor dat jy ander bekwaam om die taak gedoen te kry, nie om dit self te doen nie.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...