Wednesday 17 January 2018

Jou wonderwerk sal kom

Psalm 40 : 1  Ek het met hunkering op die Here gewag, Hy het my geroep gehoor.

Alles wat die moeite werd is, neem tyd.  As ‘n bouer ‘n huis sou begin bou dieselfde dag dat die fondasie gelê is, sal dit nie ‘n baie stewige huis wees nie.

Ek dink ons reken as God sien hoe ongeduldig ons is, sal hy vinniger beweeg.  Dit is ongelukkig baie ver van waar.  God werk volgens Sy eie skedule, wat, so weet ons, nie noodwendig in lyn met ons behoeftes en begeertes is nie.  Tog moet ons onthou dat net omdat die deur nog nie oopgegaan het nie, dit nie beteken dat God ons nie meer gaan help nie. 

Natuurlik ontstaan die vraag dan:  “Wat maak ek terwyl ek wag?  Hoe hou ek my ongeduld in toom?  En hoe keer ek myself om nie moue op te rol en self iets aan die situasie te probeer doen nie?”  Bly op jou knieë en vind jou vreugde in God se beloftes. Lees weer Habakuk 3 : 17.  Ten spyte van jou situasie, kan jy God steeds loof en prys.

Wanneer die tydsberekening reg is, sal Hy maksimum glorie en jy maksimum voordeel uit die situasie sal trek.  As dit aangejaag gaan word, gaan dit heel moontlik nie ‘n wonderwerk wees nie.  Selfs al was Jesus 4 dae laat vir Lazarus, was die tyd vir die wonderwerk perfek.  Almal het reeds hoop verloor en toe kom Jesus deur.

Wag op jou wonderwerk, want God hoor jou geroep.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...