Sunday 21 January 2018

Gehoorsaam en Gewillig

Isaiah 1 : 10  “If you are willing and obedient, you will eat the good things of the land.”

Vandag se teks kom uit die Engelse Bybel en handel oor gewilligheid en gehoorsaamheid… die sleutel tot alle goeie dinge.  Verskeie kere in die Bybel sien jy dat God Sy volk wil seen.   Net sodra dit goed gaan, dwaal hul egter af en veroorsaak hul ongehoorsaamheid dat seëninge hul ontneem word.  Keer op keer bring God hul op hul knieë en terug na Hom en meeste van tyd verwelkom Hy hul terug met nog meer seëninge.

Let egter op dat gehoorsaamheid begin by gewilligheid. Jy moet bereid / gewillig wees om te verander… om te gehoorsaam.  Gehoorsaamheid beweeg God.  Dit gaan egter nie net oor aksies nie, maar ook oor ons motiewe.  Gehoorsaam ons omdat ons God eer en Hom lief het, of gehoorsaam ons omdat ons glo ons gaan God manipuleer.

Om God te dien omdat jy verplig voel of omdat jy dink dat dit dan beter met jou sal gaan, is teen-produktief.  Om jou Bybel te lees omdat jy dink dit is die regte ding, gaan nooit die Woord en die boodskappe daarbinne vir jou ontsluit nie. 

Wanneer jy egter totaal oorgee en God wil gehoorsaam omdat jy honger om ‘n verhouding met Hom te hê en die geheimenisse van geloof en ware kindskap te ontdek, dan gebeur iets binne jou wat jy nie kan verduidelik nie. Ewe skielik is dit lekker om ondergeskik te wees… dit gaan nie meer net oor jou of wat jy daaruit kan kry nie. Jy vind dat jy iemand word van wie jy hou… iemand wie jy nooit gedink het jy kan wees nie.  

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...