Monday 29 January 2018

Prioriteite

Jakobus 2 : 2 – 6  Sê nou daar kom in julle samekoms 'n man in met goue ringe aan sy vingers en met deftige klere aan en daar kom ook 'n brandarm man in met ou klere aan, en sê nou julle maak 'n ophef van die man met die deftige klere en julle sê vir hom: “Kom sit u hier gemaklik,” maar vir die arm man sê julle: “Gaan staan jy daar anderkant” of: “Kom sit hier by my voete,” het julle dan nie onder mekaar onderskeid gemaak en mense op grond van verkeerde oorwegings beoordeel nie? Luister, my liewe broers! Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is, om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie?  Maar julle behandel die arm man met minagting. Is dit nie die rykes deur wie julle uitgebuit word nie, en is dit nie hulle deur wie julle voor die hof gesleep word nie?

Armoede is niks nuuts nie...  Mense wat finansiëel swaarkry ook nie.  Wat wel anders is, is dat dit nie meer so maklik soos in die verlede is om te oorleef as jy geen inkomste het nie.  Ons kan nie hoenders en skape aanhou wat ons van vleis en eiers sal voorsien nie.  ‘n Groentetuin kan ons nog aanlê, maar dan moet ons geld hê vir die waterrekening en natuurlik moet daar water beskikbaar wees.  Die lewe is duur.  Sekere goed moet jy koop of voor betaal. 

Ons kerk onderhou tans 13 gesinne finasiëel.  Dit kan nie maklik vir daardie mense wees om van aalmoese te leef nie.  Elke dag raak die werkloses meer. 

Jy besef ook nie hoe moeilik dit is alvorens jy nie jouself in daardie bootjie bevind nie.  Ons oordeel maklik… hulle is te lui om te werk, dis hoekom hulle bedel…   So katagoriseer ons mense.  Ons kyk hulle op en af en besluit of hul suksesvol is al dan nie…  Vul jy ‘n vorm in, of doen aansoek vir krediet, wil hul weet in watter inkomstegroep jy val, want hoe hoër die inkomste, hoe beter wil hul jou hanteer.

Dit alles druis in teen Jakobus 2.  Voor God is ons almal dieselfde… om die waarheid te sê God het nie veel ooghare vir sogenaamde rykes nie.  Laat daar geen onderskeid wees, behalwe tussen die wat Hom liefhet en die wat Hom nie liefhet nie.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...