Monday 5 March 2018

Hoop


Psalm 146:5  Dit gaan goed met die mens wat sy hulp van die God van Jakob ontvang, die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.

Once you choose hope, anything's possible… ~ Christopher Reeve

Christopher Reeve het naam gemaak as die akteur wat die rol van Superman vertolk, iemand wat kinders geglo het alles kan doen, selfs vlieg. En toe op 27 Mei 1995, verander alles toe hy van ‘n perd val en ‘n kwadrupleeg word.

Christopher kon op ‘n hopie gaan sit het, wel figuurlik gesproke, maar hy het nie.  Alhoewel hy aan ‘n rolstoel gekluister was en ‘n draagbare ventilator moes gebruik vir die res van sy lewe, het hy ‘n besluit geneem om steeds ‘n vol lewe te lei. Hy het homself beywer vir mense met spinale besering en ook vir stamselnavorsing.  Daarom het hy die Christopher Reeve Foundation gestig en is ook mede-stigter van die Reeve-Irvine Research Cente.

Wat sou jy gedoen het in sy situasie? 

Ek dink ons ware karakter kom eers na vore wanneer ons gekonfronteer word met dit wat ons gedink het ons nooit oor ons eie paadjie sou wens nie.

Ons het altyd ‘n keuse.  Ons kan kies om hoop te verloor en in wanhoop te leef waar ons van alle blydskap gestroop is en net swart rondom ons sien.  Of ons kan besluit om terug te baklei, maak nie saak hoe beperk ons vermoëns is nie.  Wanneer jy moedeloos raak, probeer ‘n alternatief, maar moenie opgee nie.

Die brein is kragtig.  Sodra ons hoop kies, begin die brein seine stuur dat alles sal uitwerk.  Dis soos om jouself te herprogrammeer.  En voor jy dit besef, begin sing jy sommer so tussen die trane deur.

Kies vandag hoop.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...