Sunday 25 March 2018

Jy is 'n wenner


Spreuke 3:5  Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.

“Challenge your limits don’t limit your challenges…” – Juan de Jongh

Jy is tot soveel meer in staat as waarvoor jy jouself krediet gee.  Hoekom is jy altyd jou eie grootste kritikus?  Hoekom twyfel jy aan jou vermoëns?  Hoekom is jy so hard op jouself?

Vir soveel jare oorleef jy al… oorwin jy terugslae… staan jy elke keer op… maak jy dit ten spyte van alles wat teen jou tel.  Jy het soveel om op trots te wees.  Al het jy geval, het jy altyd weer opgestaan.  Niks kon jou nog ooit onderkry nie.

Min mense weet waardeur jy gaan, want jy kla nooit.  Die feit dat jy opstaan en aangaan al is jy gekneus deur die lewe, wys van watter staal jy gemaak is.  Dit was nooit ‘n maklike pad nie, maar jy het hom gestap met jou kop omhoog. 

Jy is ‘n wenner.  Sê dit vandag vir jouself.  Neem volle krediet daarvoor, want God maak nie foute nie.  Hy’t jou geskape met alles wat jy nodig het om enige probleem te oorkom.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...