Monday 12 March 2018

Jy word sterker deur jou swaarkry


Rut 1 : 5  Toe haar twee seuns Maglon en Kiljon ook sterf, het sy alleen agtergebly sonder haar seuns en sonder haar man

Rut en Orpa was met Naomi se seuns getroud.  Naomi se man het reeds afgesterf.  Toe hulle mans gesterf het, het Naomi, Rut en Orpa iets in gemeen gehad.  Hierdie gemeenskaplike kruis het 'n unieke bindingsproses teweeg gebring. Dit is moeilik om te verstaan as jy nog nie daardeur gegaan het nie. Dit is 'n gemeenskaplikheid wat nie deur ouderdom, ras, geslag, agtergrond of status geskep word nie, en dit bring verskillende mense bymekaar. 

Wanneer jy seer het, help dit nie om begrip en ondersteuning te soek by die mense wat nog nie in jou skoene geloop het nie. Mense kan nie iets aan jou gee wat hulle nie het nie.
Verder gaan jy soos 'n slagoffer bly voel totdat jy begin sin maak van jou pyn en die groter prentjie en doel daaragter begin sien. As jy eers God se guns sien werk het, en sy hand in alles raaksien, kan jy begin om vorentoe te beweeg, om te trou, om nog 'n kind te kry, 'n ander werk te soek, 'n nuwe droom te droom, en om weer te leef.

Charles Spurgeon het geskryf: "Net soos ou soldate hulle wonde en verhale met mekaar s'n vergelyk, sal ons eendag in ons Hemelse tuiste mekaar vertel van God se getrouheid wat ons deur alles gebring het. Ek sal nie daarvan hou om uitgewys te word as die een wat nooit hartseer beleef het, of om die een te wees wat soos 'n vreemdeling voel in daardie heilige geselskap nie. Daarom moet ons tevrede wees om deel te wees van die stryd, want ons sal binnekort die kroon dra.

Wanneer die lewe skielik verander en jy moet baklei om net aan die anderkant van die dag uit te kom, herinner jouself daaraan dat Satan nie die stuurwiel uit God se hande gesteel het nie. Nee, God is bewus van alles waardeur jy gaan en Hy het steeds 'n plan vir jou lewe. Word bemoedig. Jy word sterker deur jou swaarkry. Oorwinning word gebore vanuit struweling.  Hou sy hand vas; Hy sal jou deur dit alles dra!

(Outeur onbekend)

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...