Monday 30 December 2013

2013 tot 2014


Jesaja 63: 7  Ek sal die troue liefde van die Here verkondig, die roemryke dade van die Here, alles wat Hy vir ons gedoen het, sy groot goedheid vir Israel, alles wat Hy gedoen het in sy genade, in sy groot liefde.
Op die vooraand van 'n nuwe jaar, laat ons onthou wat God vir ons in 2013 gedoen het, Sy roemryke dade, Sy grootheid, Sy genade, Sy groot liefde... en laat ons in 2014 nooit ophou om die boodskap van Sy troue liefde te verkondig. 
Mag jy 2014 in die genade van God tegemoet gaan en mag elke dag soos 'n nuwe geskenk wees uit Sy hand.  Voorspoed, liefde en genade vir jou.

 

Sunday 29 December 2013


Psalm 23 : 6  U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
 
'n Laaste geleentheid vir jou om te getuig van God se hand in jou lewe gedurende 2013.   Stuur gerus 'n epos aan:  mcoetsee0@gmail.com

Thursday 26 December 2013

Plaas jou vertroue in God


Jeremia 17 : 7 Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is;
Die week nooi ek jou om te getuig.  Ek hoor graag hoe God jou deur 2013 gedra het, hoe jy op Hom vertrou het en nie teleurgestel is nie.  Stuur 'n epos aan:  mcoetsee0@gmail.com  Jou getuienis kan iemand anders bemoedig wat al lank bid en vertrou.  Onthou die groot sowel as die klein geleenthede waar God vir jou deurgekom het.

Monday 23 December 2013

A Beautiful Christmas story

The brand new pastor and his wife, newly assigned to their first ministry, to reopen a church in suburban Brooklyn , arrived in early October excited about their opportunities. When they saw their church, it was very run down and needed much work. They set a goal to have everything done in time to have their first service on Christmas Eve.  They worked hard, repairing pews, plastering walls, painting, etc, and on December 18 were ahead of schedule and just about finished.

On December 19 a terrible tempest - a driving rainstorm hit the area and lasted for two days.  
On the 21st, the pastor went over to the church.  His heart sank when he saw that the roof had leaked, causing a large area of plaster about 20 feet by 8 feet to fall off the front wall of the sanctuary just behind the pulpit,
beginning about head high.  The pastor cleaned up the mess on the floor, and not knowing what else to do but postpone the Christmas Eve service, headed home.


On the way he noticed that a local business was having a flea market type sale for charity, so he stopped in. One of the items was a beautiful, handmade, ivory colored, crocheted tablecloth with exquisite work, fine colours and a Cross embroidered right in the centre. It was just the right size to cover the hole in the front wall. He bought it and headed back to the church.

By this time it had started to snow. An older woman running from the opposite direction was trying to catch the bus. She missed it. The pastor invited her to wait in the warm church for the next bus 45 minutes later.

She sat in a pew and paid no attention to the pastor while he got a ladder, hangers, etc., to put up the tablecloth as a wall tapestry. The pastor could hardly believe how beautiful it looked and it covered up the entire problem area.  Then he noticed the woman walking down the centre aisle. Her face was like a sheet. "Pastor," she asked, "where did you get that tablecloth?"  The pastor explained. The woman asked him to check the lower right corner to see if the initials, EBG were crocheted into it there. They were. These were the initials of the woman, and she had made this tablecloth 35 years before, in Austria ..
The woman could hardly believe it as the pastor told how he had just gotten "The Tablecloth". The
woman explained that before the war she and her husband were well-to-do people in Austria ..

When the Nazis came, she was forced to leave. Her husband was going to follow her the next week.
He was captured, sent to prison and never saw her husband or her home again.  The pastor wanted to give her the tablecloth; but she made the pastor keep it for the church..  The pastor insisted on driving her home. That was the least he could do. She lived on the other side of Staten Island and was only in Brooklyn for the day for a housecleaning job. What a wonderful service they had on Christmas Eve. The church was almost full. The music and the spirit were great. At the end of the service, the pastor and his wife greeted everyone at the door and many said that they would return.

One older man, whom the pastor recognized from the neighborhood continued to sit in one of the pews and stare, and the pastor wondered why he wasn't leaving.  The man asked him where he got the tablecloth on the front wall because it was identical to one that his wife had made years ago when they lived in Austria before the war and how could there be two tablecloths so much alike?  He told the pastor how the Nazis came, how he forced his wife to flee for her safety and he was supposed to follow her, but he was arrested and put in a prison. He never saw his wife or his home again all the 35 years between.
The pastor asked him if he would allow him to take him for a little ride. They drove to Staten Island and to the same house where the pastor had taken the woman three days earlier.  He helped the man climb the three flights of stairs to the woman's apartment, knocked on the door and he saw the greatest Christmas
reunion he could ever imagine.  


True Story - submitted by Pastor Rob Reid who says God does work in mysterious ways.

(geleen van 'n epos)

Geseende Kersfees vir jou en jou familie.

Sunday 22 December 2013

'n Uitnodiging aan jou

Markus 5 : 19  Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.”
Nadat Jesus die bose geeste uit Legio uitgedryf het, wou hy saam met hulle in die skuit klim, maar Jesus het hom gestuur om eerder vir mense te gaan vertel wat met hom gebeur het.

Vandag wil ek vir jou uitnooi om vir my te vertel wat God die afgelope jaar vir jou gedoen het sodat ek jou getuienis met ander kan deel.  Ons bid soms vir dae, maande, jare en dan kom daar ‘n deurbraak.  Hoeveel van ons getuig daaroor? 

God verwag van ons om te getuig, want getuienis is God se advertensies.  Dis hoe ons hom verheerlik en sorg dat ons ‘redder’ die eer kry.  Laat jou getuienis die Kersgeskenk aan jou medegelowiges wees.


Ek hoor graag van jou via epos:  mcoetsee0@gmail.com

Thursday 19 December 2013

Jy kan!

Filippense 4 : 13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Wanneer ons die geringste teespoed ervaar, glo ons dat ons nie in staat is om te doen wat ons wou doen nie.  En dis waar die groot verskil lê tussen diegene wat sukses bereik en ander wat opgegee het.  Moenie toelaat dat terugslae jou ontspoor nie.  As jy moeg geprobeer is, kyk na Helen Keller.
Helen Adams Keller was ‘n Amerikaanse digter, politieke aktivis en lektrise.  Sy was die eerste doofblinde persoon om’n BA graad in die kunste te verwerf.  Die storie van Helen Keller se onderwyseres, Annie Sullivan, wat haar van algehele isolasie gered het omdat sy nie kon praat nie, is verewig in die film “The Miracle Worker”.   Annie het haar leer kommunikeer deur woorde in haar hand te spel toe sy vir haar ‘n pop gebring het en die woordjie “doll” op haar handpalms getrek het.  As erkende skrywer, het Helen baie gereis, onder andere na Japan waar sy baie gewild was.  Sy was  uitgesproke oor die oorlog en het haar beywer vir vroueregte.  Sy’t selfs presidente ontmoet soos Lyndon B Johnson en bekendes soos Alexander Graham Bell, Charlie Chaplan en Mark Twain.

Helen se deursettingsvermoë en die feit dat sy ‘n vol lewe gelei het ten spyte van haar gestremdheid is ‘n absolute inspirasie en bewys dat niks ons kan terughou as ons op God vertrou vir krag nie.

Wednesday 18 December 2013

Helder oggendlig

Spreuke 4 : 18 Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;

Staar jy vandag ‘n onoorkombare probleem in die gesig?  As gelowige is daar vir jou ‘n belofte in hierdie teks opgesluit.  Die oggendlig groei en word sterker.  Stadig maar seker is die dag besig om oor jou lewenspad te breek.  Glo dat uitkoms om die draai is.  Soek God se wil vir jou lewe in elke situasie. 


Dit maak nie saak waardeur jy op die oomblik gaan nie, verheerlik God.  Vra Hom om Sy lig op jou pad te skyn sodat jy die rigting kan sien.  Vir jou mag dit stikdonker wees, maar God is in die lig.  Hoe meer tyd jy met Hom spandeer, hoe beter jy Hom leer ken, hoe meer sal jy Sy wil vir jou lewe verstaan en begeer.  Skielik sal jy seën en voorspoed ervaar wat jy nooit verwag het nie.   

Tuesday 17 December 2013

Beperkinge

Psalm 119 : 96   Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het, net u gebod het geen begrensing nie.
In die Amplified Bybel lees die teks as volg:  “I have seen that everything [human] has its limits and end [no matter how extensive, noble, and excellent]; but Your commandment is exceedingly broad and extends without limits [into eternity].”

Negatiewe gedagtes hou meeste van ons terug.  Van kleins af word ons aan negatiwiteitl blootgestel.   “Moenie daar vat nie, jy gaan seerkry… Pasop vir die hond, hy byt… Moenie by my kom huil as jy val nie… Jy gaan mors!”  Ja, dis gewoonlik bedoel om die kind te beskerm, maar ons kweek negatiwiteit.  Mettertyd krimp ons wêreldjie en ons waag nie meer nie.
 
Boonop onderwerp ons onsself aan hierdie negatiewe taal en gedagtes.  “Sulke goed gebeur net met my…  Al die robotte is rooi…  Niemand gee om nie…”  Op die ou end glo ons dat ons tot niks in staat is en niks verdien nie.  Ons beperk onsself.  Nou dis goed en wel, maar moenie vir God oor dieselfde kam skeer nie.

Vir God is daar geen begrensing nie.  God kyk nie na jou omstandighede nie, Hy kyk na jou en uit Sy oë straal daar net liefde en omgee.  God bring een onbenullige geleentheid oor jou pad of hy bring die regte mense in jou lewe in en skielik begin deure vir jou oopgaan wat jy nie in jou wildste drome kon voorsien nie.  Open jou gedagtes en droom die onmoontlike.  Vra God dan om vir jou ‘n pad in die woestyn te maak, want dis waarin Hy spesialiseer.

Daardie teks wat sê:  “Julle kry nie omdat julle nie vra nie,” is op meeste van ons van toepassing.  Begin vra – wees  opportunisties. 

As jy enige iets vir die nuwe jaar van God kon vra en weet dat jy dit sal ontvang – wat sal dit wees?


Monday 16 December 2013

Herprogrameer jou denke

Eksodus 6 : 7-8 Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.” Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.

Die volk was vuisvoos.  Hulle was slawe in ‘n vreemde land.  Slawe het dit nie maklik nie.  Hulle werk hard, word geslaan, kry min kos, het geen drome of vooruitsigte nie.   Hulle is so verslaan dat hul nie eens opgewonde kan raak as Moses hul vertel dat God hul gaan bevry nie.  Van hulle het niks anders as slawerny geken nie.

Dalk ken jy ook net swaarkry en voel jy ook oorweldig deur God se beloftes.  Soos die volk kan jy ook nie glo dat jy waardig is om geluk en seen te ervaar nie.   Soos hulle word jy ook teruggehou deur vorige mislukkings, teespoed en sorge.  En onbewustelik breinspoel jy jouself met woorde soos:  “ek sal nooit geluk vind nie…” “hoe kan ek ooit in so ‘n huis bly?  “so ‘n man/vrou sal nooit na my kyk nie…” “ek sal nooit teen hulle kan kompeteer nie…”  Dis tyd dat jy jou denke herprogrameer.  Begin om hierdie stellings om te keer.  “Geluk is so naby, ek kan dit ruik…”  “dis presies waar ek binne die volgende jaar gaan bly…” “hy/sy’s myne… “  “die pos is myne…”

Moenie langer na jou omstandighede kyk nie – kyk na God.  Hy beloof goeie dinge… voorspoed… vooruitgang.    Wees gereed vir ‘n stortvloed van voorspoed.

Thursday 12 December 2013

As jy bid om nie te huil nie

Eksodus 15 : 2 Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom.

My seun Gilbert was agt jaar oud en was deel van die "scout cub's" vir ‘n klein rukkie.
Tydens een van hulle byeenkomste het elkeen ‘n vel papier gekry, ‘n stuk hout en vier wiele en hulle was aangesê om dit huis toe te neem en vir "pa" te gaan gee.

Vir Gilbert was dit nie ‘n maklike taak nie. Pa was nie een van daardie mense wat graag iets saam met sy seun gedoen het nie, pa het geglo dat ‘n kind maar sommer self moet grootword.

Maar Gilbert het hard probeer en elke dag vir pa gevra vir sy hulp. Pa het die vel papier geneem, die voorskrifte gelees en dit smalend eenkant gegooi. Hy was beslis nie van plan om saam met sy jong seun ‘n houtkarretjie te bou nie. Die blok hout het vir weke daar eenkant gelê.

Die tyd het verby gegaan. Eendag het ma besluit genoeg is genoeg, sy het die vel papier geneem en gekyk of sy miskien iets met die stuk hout en vier wiele kon uitrig.

Projek "motorbou" het begin in alle erns. Sy het nog nooit houtwerk gedoen nie, en die beste wat sy kon doen was om stap vir stap vir Gilbert te verduidelik wat gedoen moes word, en hom die werk laat doen.

Hy was so gretig dat hy baie entoesiasties alles gedoen het wat ma verduidelik het. Sy het die mates vir hom gelees, en al die moets en moenies van die motor wat gebou moes word. Binne weke het die stuk hout vorm begin aanneem en was die buitelyne van die sportmotor al duideliker sigbaar.

Effens skeef en krom, maar baie mooi, (of so het ma gedink). Gilbert het nie een van die ander kinders se motors gesien nie, en was baie trots op sy "blou weerlig blits" van ‘n motortjie. Daardie trots wat jy voel as jy iets self met groot gesukkel reggekry het.

Toe breek die groot aand van die wedren aan. Met sy blou houtmotortjie in sy hand, en ‘n hart wat wil bars van trots het ons na die veld gery waar die groot wedren van houtmotortjies sou plaasvind.

Toe ons daar aankom het Gilbert se trots baie gou in vernedering verander. Sy motor was baie duidelik die enigste een wat deur hom alleen gemaak was.

Al die ander motors was baie duidelik n seun\pa vennootskap, met stylvolle lyne, en baie "cool' geverfde strepe. Regte sportmotortjies wat gebou is om die maksimum spoed uit te kry.

‘n Paar van die seuns het sommer hardop begin giggel vir Gilbert se skewe, onaantreklike selfgeboude en selfgebroude motor.

En om dit nog erger te maak was Gilbert die enigste seun sonder ‘n pa aan sy sy.

Daar was ‘n paar seuns van enkel ouerhuise maar hulle het darem ‘n oupa of n oom saam met hulle gehad, en al wat Gilbert gehad het, was "ma"

Die wedloop het begin en dit was gedoen deur middel van eliminasie. So lank as wat jy onder die voorste paar was, het jy in die wedloop gebly.

Een vir een het die motors by die sand glybaan afgejaag. En uiteindelik was die wedloop tussen Gilbert en die mooiste motortjie van die aand.

Toe die laaste wedloop reg is om te begin, het my grootoog, skaam seuntjie gevra of hy die wedloop net met ‘n oomblik kan vertraag, omdat hy eers wil bid.

Almal het stil geword. Gilbert het op sy knee neergesak en sy snaakse skewe blou motortjie tussen sy handjies vasgehou.

Met ‘n ernstige frons op die sproetgesiggie het hy met sy Hemelse Vader in gesprek gegaan, baie ernstig het hy vir ‘n minuut en ‘n half gebid, toe staan hy op, glimlag vir almal en kondig ewe braaf aan: Ok, ek is gereed.

Die skare het begin skree, en ‘n seuntjie genaamd Tommy het langs sy pappa gestaan terwyl die twee motortjies teen die wal af jaag.

Gilbert het alleen gestaan, met net sy Hemelse Vader in sy hart en gekyk hoe sy lelike skewe motortjie met verbasende spoed teen die wal afry, en met ‘n sekonde of twee voor Tommy se motortjie oor die wenpaal jaag.

Gilbert het in die lug opgespring en geskee: "Dankie, Dankie" en die skare het hulle goedkeuring uitgeskree.

Die organiseerder het met die mikrofoon na Gilbert gekom en vir hom gevra: "Gilbert, het jy gebid om te wen?" en toe antwoord my kind:

"O, nee Meneer, dit sou baie onregverdig van my gewees het om te verwag dat die Here moet gee dat Tommy verloor, sien Meneer, ek het net vir Hom gevra om my te help dat ek nie huil as ek verloor nie."

Weereens kan die wysheid van kinders ons verstom. Gilbert het nie die Here gevra om die uitslag van die wedloop in sy voordeel te laat swaai nie, maar hy het die Here gevra vir krag, ongeag wat die uitslag van die wedloop was.

Toe Gilbert die eerste keer al die ander motors sien, het hy nie God beskuldig omdat al die ander seuns pa's gehad het wat hulle gehelp het, en hy net vir ma gehad het nie.

Nee hy het net gebid vir krag om die uitslag met waardigheid te aanvaar.

Miskien spandeer ons te veel tyd om God te vra om die uitkoms van ons lewenswedloop in ons guns te laat swaai. Om ons die wenners te maak, of miskien spandeer ons teveel tyd om God te vra om die wedloop heeltemal te verwyder, in plaas daarvan om op ons knieë neer te sak en God te vra om ons krag te gee om die wedloop met waardigheid te voltooi.

Gilbert het nie gebid om die ander seuntjie te laat verloor nie, dit was onregverdig in sy oë, en dan het iemand in die proses seergekry, hy wou net krag hê, krag om nie te huil as Tommy se motortjie gewen het nie.

Deur die wedloop te stop, en eers te bid, het hy vir almal daar gewys dat hy nie daar was sonder ‘n Vader nie, sy Hemelse Vader was die hele tyd by hom.

Daardie aand het Gilbert as oorwinnaar weggestap, met sy Vader langs hom.

Here maak ons soos Gilbert, gee ons krag om die stryd met waardigheid te voltooi, en deur dit alles, hou asseblief ons hand baie styf vas AMEN  (dankie liewe eposser dat jy hierdie juweeltjie met ons deel)

"As ek terugkyk, dank ek God dat al my gebede nie beantwoord is nie..." ~ Jean Ingelow
Matteus 6:7

“Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed woorde gebruik nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra…” 

Wednesday 11 December 2013

Here, dis alweer ek

Psalm 25 : 2 my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie
Ja Here, dis alweer ek en soos soveel kere vantevore, het ek u desperaat nodig, Here;
Nee, darem nie vir roem of eie eer nie, ook nie vir rykdom nie.  Ek is net so mismoedig, Here, want niks wil regloop nie;
Dis nie dat ek wil vra dat u hierdie kruis wegneem nie, Here, maar kan u my asseblief versterk om staande te bly.  My kragte is so min, Here;
Daar is tye dat ek regtig wil boedel oorgee,  maar dan onthou ek al U beloftes;
Here, kan U asseblief al die warrelende gedagtes orden sodat ek duidelik die rigting kan sien;
Neem asseblief my eie slim planne uit my kop en gee my U wysheid in die plek daarvan;
U weet hoe impulsief ek is en halsoorkop ek optree, maar U ken ook my hunkerende hart na U Vaderliefde;
Here, dalk het ek ‘n te groot hap afgebyt, maar ek weet dat niks vir U onmoontlik is nie;
Here, in absolute vertroue, neem asseblief beheer oor my lewe en wys my die pad.  Ek voel hoe U krag deur my spoel, hoe my gedagtes helder word.  Dankie, Here.  Ek loof en prys U!

Tuesday 10 December 2013

Jy kan God vra

Efesiers 3 : 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,
Wanneer laas het jy God uitgedaag… Hom so bietjie probeer toets?  Vra jy sommer klein dingetjies, of vra jy die onmoontlike?  Ek glo verseker dat ons presies kry wat ons vra en as ons voel da tons tekortgedoen is, is dit omdat ons nie groot genoeg vra nie.  Luister na jou eie gebede.  Dis goed om te vra vir kos, beskerming, wysheid, maar dis soos om vir ‘n miljoener twee rand te vra.  Moenie vir God beperk nie.  Dis tyd dat jy besef dat jy ‘n koningskind is.  Die hele wêreld is aan jou voete.  Vra God dit wat totaal en al buite jou bereik is, dit wat jy voor jou siel weet jy nie verdien nie of nie in staat is om te doen nie.  Ek daag jou uit.
Jy mag dalk nie oor die fondse beskik of die regte mense ken nie, maar jy ken die Heerser van die heelal, die Een wat alles gemaak het, die Enigste Een wat oor alle mag en krag beskik, die Een lewe spreek in dooies, die Een wat leeus se bekke snoer…
God staan angstig en wag:  “Vra my… vra my… ek wil jou so graag wys wat ek kan doen.”  En ons keer Hom die rug, want ons vertrou Hom nie genoeg nie.  Wat moet Hy nog doen! 
Kyk na die mense in die Bybel wat God vertrou het.  Elia het gebid dat dit nie reën nie en vir 3 en ‘n halwe jaar het dit nie gereën nie.  Joshua het gebid vir meer daglig en God het die son laat stilstaan. 
Jy kan vriende vra… jy kan op jou eie probeer… of jy kan God vra.

Monday 9 December 2013

God weet hoe om verlore tyd in te haal


Joel 2 : 25  Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het.

As daar nou een iets is waarvoor God bekend is, is dit vir Sy wonderwerke, Sy verrassings element, Sy anderse denke.

Hy kan jou vervelige of onaangename omstandighede op sy kop kan keer.  Jou kinderjare kan nie verander word nie, maar jou toekoms kan absoluut rooskleurig wees.  Soveel so dat jy nooit weer daaraan sal terugdink nie. 

Jy mag dalk voel asof jy jare vermors het in ‘n verhouding en die res van jou lewe in eensaamheid sal moet slyt, net om die mees fantastiese persoon te ontmoet wanneer jy dit die minste verwag. 

Jy mag dalk jare lank ‘n lojale werker gewees het, wat ekstra ure ingesit het, maar altyd oorgesien is met bevordering en dan, uit die bloute, kry jy ‘n werksaanbod waarvan meeste net droom. 

Jy mag dalk nie sien hoe jy ooit jou drome gaan verwesenlik nie, maar dit beteken nie dat dit nie moontlik is nie.   God weet hoe om verlore tyd in te haal.  Die sprinkane het jou oes tot nou verniel, maar weet verseker, God gaan jou meer gee as wat jy verloor het.

Sunday 8 December 2013

Nelson Rolihlahla Mandela 18 Julie 1918 – 5 Desember 2013

Johannes 8 : 7  Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”
Ons het geweet hy is siek en dat hy al aanstap in jare, tog was sy dood ‘n skok.  Dit is so asof hy die pa was wat die familie bymekaar gehou het.  En onbewustelik wonder jy of die familie nou uitmekaar gaan spat. 

Jy stem nie vir die ANC nie en jy glo dalk dat hy ‘n terroris was wat die regering destyds omver wou  werp en stel nie noodwendig in sy lewe of dood belang nie.  Nie een van ons kan egter ‘n klip optel om hom te stenig nie.  I.p.v haat het hy liefde en vergifnis betoon en na versoening gestreef.   

Een feit staan soos ‘n paal bo water;  dat hy geliefd en bemind was oor die wêreld heen.  Grotendeels omdat hy die vermoë gehad het om in mense se harte te kruip.  Dink maar aan 1995 en die nommer 6 trui of sy besoek aan Betsie Verwoerd.

Of jy met hom saamstem of nie, jy moet erken hy het leier eienskappe gehad met die vermoë om uit die tronk of ‘n hospitaalbed te lei. 

Ek hou van dit waarvoor hy gestaan het na 1994, sy charisma, sy integriteit.

My gebed is dat huidige en toekomstige leiers Nelson Mandela se drome vir Suid-Afrika sal onthou en respekteer.  En dalk, wie weet, net dalk het hulle iets van hom geleer. Rest in peace, Tata Madiba.

Thursday 5 December 2013

‘n NUWE SEISOEN


Lukas 5 : 37 “En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen.

Is jy gereed vir ‘n nuwe hoofstuk in jou lewe?  Om vorentoe te beweeg, die seëngebied te betree wat God vir jou berei het, moet jy bereid wees om die verlede agter te laat.  Di twat jy aan vasklou bring jou immers net hartseer en pyn.  Dis tyd vir voorspoed en vreugde.

Die lewe het jou dalk nie altyd sagkens behandel nie, dinge wat jy nie altyd verstaan nie, maar dit definieer jou nie.  Dis tyd om uit die skaduwees te tree en die sonskyn baldadig op jou te voel skyn.  Somer in jou lewe het aangebreek.  Tyd vir ‘n nuwe visie, dalk selfs ‘n nuwe haarstyl en klerekas.  Herrys uit die as van jou verlede en omhels die toekoms.  Kry jou selfvertroue terug.  Daar is geen rede om minderwaardig te voel nie.  Jou pa is die Koning van die Heelal!

 

Wednesday 4 December 2013

Droom groot

Openbaring 21 : 5  Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”

Daar’s iets waaroor jy nou al ‘n hele ruk droom.  Aanvanklik was dit net ‘n gedagte, maar mettertyd het dit gestalte gekry en nou is dit al waaraan jy kan dink. 
Dink ‘n bietjie terug aan drome wat jy oor die afgelope jare gehad het.  Dalk het jy aspirasies gehad om die hoogste sport in jou loopbaan te bereik…  Jou huwelik het met sterre in jou oë begin met die hoop op ‘n lang en gelukkige paadjie saam…  Met die geboorte van jou kind het jy dalk drome vir hom of haar gehad…  Dalk het jy op ‘n stadium gebrand vir Jesus…  Hoe dit ookal sy, iewers langs die pad het jy stoom verloor.  Miskien is jy ontnugter of miskien het jy te veel teestand ervaar om voort te beur.  Dis wanneer meeste mense besluit dat die kool eenvoudig nie die sous werd is nie. 
Vandag wil God jou aan daardie drome herinner.  Jy verdien veel meer as waarvoor jy jouself krediet geen. Ja goed, dinge het dalk nie uitgewerk soos jy gedroom het nie, maar nou is nie die tyd vir ‘as ek maar net’ gedagtes nie.  Nou is die tyd om op te staan en jou drome met nuwe ywer aan te pak. En as daardie droom regtig nie meer so aantreklik lyk nie, begin droom van vooraf, maar droom groot!  Moenie so nederig wees en dink dat goeie en groot dinge net vir ander beskore is nie.  Jy verdien dit net soveel soos enige iemand anders en daar is geen rede hoekom voorspoed nie jou deel ook kan wees nie.  Terwyl jy ewe goedgemanierd eenkant sit en wag dat dinge gebeur, stap vadertyd sekonde vir sekonde voort.
Rig jou oog op Jesus.  Laat toe dat Hy jou vernuwe, jou drome en jou gedagtes.  Hy sal jou nuwe krag gee.  Vertrou dat Sy Woord jou tree sal rig en dank Hom omdat Hy alles in jou lewe nuut gaan maak.  Opwindende tye lê voor…

Tuesday 3 December 2013

Voorspoed, nie teespoed

Jesaja 61: 7 In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê.
Toe hierdie gedeelte in die Ou Testament geskryf is, het die Israeliete deur ‘n baie moeilike en donker tyd gegaan.  Hulle was gevangenes en is sleg behandel.  God het hierdie woorde gegee om hulle te bemoedig en hoop te gee vir die toekoms.

Die afgelope weke en maande is dalk tyd wat jy nie weer wil oorhê nie.  Teespoed het jou gery en jy is geestelik en emosioneel gedreineer.  Vandag wil God jou d.m.v. hierdie teks hoop gee.  Nie net gaan Hy jou vergoed vir die onreg wat teenoor jou gepleeg is nie, maar Hy gaan jou dubbel gee wat jy verloor het. 

Onthou dat die nag op sy donkerste is voor die dag breek.  Jou toekoms gaan blinker en beter wees omdat God getrou is.  Solank as wat jy bly glo en gehoorsaam bly aan Sy word, sal jy sien hoe Sy beloftes volbring word.

Monday 2 December 2013

Seisoene

Levitikus 26:4  …sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra.

God het vir elkeen van ons seisoene in ons lewens daargestel.  Ons kan so maklik gefrustreerd raak as ons drome nie bewaarheid word nie.  Ons wil nou ons sin hê.  ‘n Boer kan nie sommer net saai wanneer dit hom pas nie.  Daar is ‘n tyd om te ploeg, dan saai jy, dan moet dit reen en as alles perfek saamwerk breek oestyd aan.   
Ploegtyd is wanneer God jou op areas wys wat jy moet ondersoek.  So berei Hy ons voor vir bevordering.  Soms kom die reën, soos nou in Noordwes, nie op die regte tyd nie, dan moet jy wag.  Maar na ‘n droogte, kom die reën altyd weer.  En dan moet jy gereed wees.  Dis tye van oorvloed.  Sorg dat jou implemente, saad, tyd, alles staan om te saai. 
Nou kom die wagtyd.  Geduld.  Baie dinge kan die oes bedreig, so dalk is dit ‘n maer oes.  Bly altyd positief en vertrou God.  Dalk is dit ‘n jaar van oorvloed met goeie oeste.  Dis hoekom ons ook moet wegsit vir die maer jare. 

Soos God destyds vir sy mense reën op die regte tyd gestuur het, sal Hy dit vandag ook in jou lewe doen.  Wees gereed, want die sluise van die hemel gaan oopgemaak word.  Sorg dat jy gereed is vir die voorspoed wat op pad is.  Hy sal elke droom bewaarheid wat Hy in jou hart geplaas het – droom groot!

Sunday 1 December 2013

Klein toetsies

Deuteronomium 28 : 1-2  As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.  As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk

God beloon diegene wat Sy wil soek.  Elke keer dat jy versoeking weerstaan en die smal weg volg, hoe moeilik dit ook al is, sal Hy jou beloon.  Leer om met die geringste dingetjie gehoorsaam te wees, want as jy die klein toetsies slag, raak die groottes al makliker.  Dis nie ‘n kwessie van gehoorsaam nou en eendag sal jy geseën word nie.  Nee, gehoorsaam en al hierdie seëninge kom oor jou lewe.  Hoekom dan so sukkel?  Lees God se Woord en vra na Sy wil.  Kry wysheid by Hom.  Vra vir krag om die versoekings te weerstaan en jy sal oorvloediglik geseën word.


Hy het groot planne vir jou.  Daar is nuwe geleenthede wat wag om geopenbaar te word, nuwe vlakke van sukses op elke moontlike vlak van jou lewe, genesing, restorasie, bevordering.  As jy getrou is, betree jy Sy domein en word jy alles wat Hy beplan het jy moet wees.  Moenie jouself terughou nie.  Ondersoek jou lewe en neem vandag die eerste tree tot algehele gehoorsaamheid.

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...